Dus, wie en wat is ons?

Ons is Afrikaanse Suid-Afrikaners wat in 'n klein gehuggie genaamd Griomsiader (uitgespreek Ghrimshader) bly. Griomsiader is op die eiland Lewis, deel van die "Outer Hebrides", noordwes van die Skotse vasteland.

Ons woon hier sedert Maart 2001, maar is al gesoute reisigers. Voor die Groot Trek hierheen, het ons 18 maande in Rainham, Kent (Suidoos-England) spandeer. Ons het ook in Norcross (nét noordoos van Atlanta), Georgia in die VSA gewoon vir 18 maande.

Sonja is 'n Kapenaar, maar siende dat ek nie vier winters daar oorleef het nie, mag ek myself blykbaar nie 'n só noem nie! Ek's van geboorte 'n Valie, van Graskop in Mpumalanga.

Stephan & Sonja Smit
(Kliek prentjie vir volle grootte)

Sonja is 'n spesialis neuro arbeidsterapeut wat vir die Britse "National Health Service" (NHS) werk in die plaaslike hospitaal. Op plein Afrikaans beteken dit sy werk met mense wat neurologiese probleme het en hier op Lewis beteken dit meestal beroertes en ander hoofbeserings, maar soos meeste arbeidsterapeute is sy 'n vrou van menige talent. Ek is as 'n rekenaartegnikus werksaam tans in die NHS waar ek na 'n klompie databasisse omsien.

Karmiena is die nuutste aankomeling in die familie. Sy is 'n Skot van Afrikaanse herkoms en uiteraard pa en ma se oogappel.

Griet poseer
(Kliek prentjie vir volle grootte)

Griet, ons Border kolliehond, is die ander "kind" in die familie. Soos elke ander eienaar glo ek ook ons donkie is 'n July wenner! Sy is dus hiper-intelligent en pragtig.

Ons almal hou daarvan om buite te wees, en alhoewel die weer volgense Suid-Afrikaanse standaarde minder as ideaal is, laat ons meestal nie toe dat dit ons onderkry nie.