CHINESE HOENDERVLERKIES

Bestanddele

  • 12 Hoendervlerkies
  • 1 eetlepel (15 ml) Donker Sojasous
  • 2 eetlepels (30ml) Lyle’s Gouestroop
  • 2 eetlepels (30ml) Tamatie Pastasous (of tamatiepuree)
  • 1 eetlepel (15ml) Wynasyn
  • 1 Vars rooi brandrissie, ontpit & fyn opgekerf
  • Sesame Saadjies

Só maak mens

  1. Was & droog vlerkies en plaas dit in 'n oondvaste bak.
  2. Meng die sojasous, gouestroop, tamatiesous & asyn en giet oot die hoender.
  3. Sprinkel sesame saadjies bo-oor.
  4. Bak in die oond vir 45 minute teen 190ºC(375ºF).
  5. Bedien met rys en groente

(Genoeg vir 4)

Ander gebruike

Die sous maak 'n heerlike marinade vir hoender, ribbetjies en vark. Laat staan die vleis oornag in die marinade en berei verder soos gewoonlik (braai of bak in oond.)

Terug na resepte