'Egg Nog'
Ek weet nie wat mens dié op Afrikaans noem nie! Miskien Eiers-met-skop...
Ek't die resep hier http://256.com/gray/recipes/eggnog/ gekry, maar het dit ietwat verbeter.
Bestanddele
- 4 Eiers, geskei
- 1/2 Koppie Suiker
- 1/2 Koppie Rum
- 1 1/2 Koppies Volroom melk
- 1 1/2 Koppies Whisky
(of 3/4 koppie Brandewyn & 3/4 koppie Whisky)
- 1 Koppie dik room
- 1 Eetlepel vanielje geursel
- Gemaalde Neutmuskaat
Só maak mens
- Klits eiergele en helfte van die suiker tot dik & romerig
- Klits eierwitte en vanielje geursel met die res van die suiker tot styf
- Vou die eiergele by die eierwitmengsel in
- Klop rum stadig by
- Klop melk stadig by
- Klop whisky (of brandewyn & whisky) stadig by
- Klop helfte van room stadig by
Die algemene idee is om dinge sagkens en stadig te doen sodat die 'egg nog' lig en skuimerig is.
Net voor bediening
- Klits die res van die room tot styf en vou by 'egg nog' in.
- Strooi gemaalde neutmuskaat oor elke glas 'egg nog'.