GEMMERKOEKIES
Dié is my Ma se resep & volgens haar is die geheim om al die mengwerk met die hand (d.w.s nie met 'n lepel nie) te doen.
Ek & Griet stry oor wie die laaste koekie kry!
Bestanddele
- 1.5kg Bruismeel
- 6 Koppies suiker
- 4 Groot geklopte eiers
- 500g Sagte botter (of margarien)
- 500g Goue stroop
- 4 Eetlepels gemmerpoeier
- 1 Teelepel koeksoda
Só maak mens
- Room botter & suiker met die hand.
- Voeg eiers by mengsel.
- Voeg bruismeel, gemmer en koeksoda by en meng deeglik. (Die mengsel lyk maar droog!)
- Voeg stroop by & meng deeglik.
- Rol die deeg in klein balletjies (50c grootte) en plaas op gesmeerde bakplaat. Moenie platdruk nie: dit word vanself plat tydens die bakproses.
- Bak vir 8-10 minute by 250°C (480°F). Die koekies brand maklik; wees dus versigtig.
(Lewer ongeveer 20 dosyn koekies)