Nataniėl se Donker Poeding

Vir meer van sy resepte, gaan na http://www.nataniel.co.za/food.htm

Bestanddele

  • 1 koppie dadels, gekap
  • 1 koppie kookwater
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 eetlepels botter
  • ½ koppie strooisuiker (gewone suiker werk ook goed)
  • 2 eiers
  • 1 koppie meelblom
  • 3 vye, gekap

Sondige Sous (en ek haal aan...)

  • ½ koppie bruin suiker
  • 3 eetlepels botter
  • 1 koppie vars room
  • 2 eetlepels brandewyn

Só maak mens

  1. Plaas dadels & koeksoda in 'n bak & gooi kookwater oor.
  2. Klits botter & suiker tot lig.
  3. Klits eiers een vir een by.
  4. Vou meel by eiermengsel in.
  5. Roer dadels & vye by.
  6. Gooi mengsel in 'n gesmeerde koekpan & bak vir 50-60 minute by 180°C (350°F).
  7. Maak die sous: Verhit botter & suiker saam in 'n kastrol tot die suiker gesmelt is.
  8. Verwyder van hitte en roer die brandewyn & room by.
  9. Laat die gebakte poeding effens afkoel & keer uit op 'n bord.
  10. Gooi ¼ van die sous oor die poeding.
  11. Sny die poeding soos 'n koek en bedien met die res van die sous.
Terug na Resepteblaai