Frankfurter-en-kaasrol
Dié resep kom oorspronklik uit Huisgenoot se wenresepte, met 'n paar verbeteringe. Ek't dit al met boerewors gemaak & ons buitelandse vriende het hulle vingers afgeëet. Dis genoeg vir 'n ligte maaltyd vir 4-6 mense.
|
Bestanddele: Vulsel
- 250g Frankfurters (of boerewors), opgesny in skyfies.
- 200g (500ml) gerasperde kaas
- 40g (50ml) botter/margarien
- 1 ui, gekap
- 1 eetlepel Worcester sous
- 1 eetlepel mostert
- 2 eetlepels Mrs Balls blatjang
- 1 eiergeel, gemeng met 25ml melk
- vars koljander & roosmaryn
|
Bestanddele: Deeg
- 275g (500ml) meelblom
- 20 ml bakpoeierr
- 2 ml sout
- 125g botter/margarien
- 150ml melk
|
Só maak mens:
- Voorverhit oond tot 200°C (400°F).
- Meng meel, bakpoeier & sout.
- Vryf die botter deeglik met die vingerpunte in by die meelmengsel.
- Voeg melk by in 'n dun straaltjie sodat 'n stywerige deeg vorm
- Rol die deeg in 'n 35x27cm reghoek uit.
- Braai die ui in 'n bietjie olie tot sag.
- Voeg die frankfurters by & braai nog 'n paar minute. (As jy boerewors gebruik, moet dit gebraai word tot gaar.)
- Meng die kaas, Worcester sous, blatjang, mostert & koljander in 'n groot bak.
- Voeg die gebraaide frankfurters/boerewors & ui by & meng.
- Smeer die vulsel eweredig oor die uitgerolde deeg.
- Rol die deeg op soos 'n rolkoek en plaas op 'n bakplaat.
- Sny die rol in skywe van 1.5-2cm dik, maar moenie tot onder deursny nie; die bodem moet heel bly.
- Verf met die eiergeelmengsel.
- Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
- Strooi roosmaryn bo-oor & bedien warm.
|
| Terug na Resepte
|