Marsipynkoek met gekarameliseerde perskes, aarbeie en juniper bessiestroop.
|
Bestanddele
- 140g Marsipyn
- 2 Eiers
- 20g Koekmeel
- 2.5ml Bakpoeier
- 90g Botter
- 1 Eetlepel Rum
- 4 Vars wit of geel perskes
- 1 Eetlepel juniper bessies
- 100g Strooisuiker
- 250g Vars aarbeie
|
Só maak mens:
- Meng eiers en marsipyn met 'n houtlepel en voeg bakpoeier en koekmeel by.
- Smelt 40g van die botter en voeg saam met die rum by die mengsel.
- Bak in gesmeerde koekpan vir 15-20 minute teen 170°C.
- Wanneer gebak, plaas op 'n rakkie om af te koel en sny die koek in 4 skywe.
- Sny perskes in die helfte en verwyder die pitte.
- Verhit die oorblywende botter in 'n pan oor middelmatige hitte en braai vir twee minute aan elke kant.
- Strooi die suiker oor die perskes en voeg die juniper bessies by.
- Die perskes sal nou begin karameliseer. Voeg 'n bietjie water by as die karamel te dik raak.
- Voeg die aarbeie by & braai 'n verdere twee minute.
|
Om te bedien:
- Waaier 'n perskehelfte per bord deur dit aan die een kant vas te hou & dit tot amper by die punt in die lengte te sny.
- Rangskik 'n skyf marsipynkoek met die ander perskehelfte, plaas aarbeie bo-op & giet van die stroop bo-oor alles.
- Bedien met roomys.
|
| Terug na Resepte Indeks
|