Perskehoender
Die resep kom oorspronklik uit Die Huisgenoot se Wenresepte, met 'n paar veranderings van my eie. Mens hoef nie ontvelde hoender te gebruik nie, maar ek's maar my hart ter wille. Die resep is genoeg vir 6-8 persone.
|
Bestanddele
- 1.5 kg hoender, ontvel
- 4 eetlepels olyfolie
- 1 blik (410g) perskeskyfies
- 250ml lemoensap
- 1 medium appel, gerasper
- 2 eetlepels buin suiker
- 1 eetlepel mostert (ek gebruik volgraan Dijon)
- 2.5 cm stuk vars gemmer, opgekap
- 1 groot ui, opgekap
- Vars knoffel na smaak
- Sout & peper na smaak
|
Só maak mens
- Braai die hoender in die olie tot goudbruin.
- Dreineer die perskesous in die pot waarin die honder gekook gaan word.
- Plaas die reeds-gebraaide hoednerstukke hierin & begin solank kook terwyl die res can die hoender braai.
- Kook die lemoensap, gerasperde appel, suiker, gemmer & mostert in 'n ander pot vir 5-10 minute.
- Braai die ui & knoffel in dieselfde pan as waarin die hoender gebraai is.
- Geur die hoenderstukke met sout & peper.
- Plaas die gebraaide ui op die hoender & gooi die lemoensapmengsel bo-oor.
- kook vir ongeveer 'n uur of tot die hoender sag is.
- Bedien met koeskoes.
|
| Terug na Resepte
|