Tuna & Broccoli gebak

Bestanddele

  • 250g ongekookte pasta
  • 1 medium ui (gekap)
  • 1 teelepel suiker
  • 2 tamaties (geskil & gekap)
  • 1 koppie vars broccoli
  • 2 blikkies tuna
  • sout na smaak
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 3 eiers
  • 1 koppie melk
  • 1 huisie gekapte knoffel (Opsioneel)
  • Vars gemaalde swartpeper(Opsioneel)
  • 3-4 eetlepels Mrs. Balls Blatjang (Opsioneel)

Só maak mens

  1. Kook pasta volgens intruksies.
  2. Braai ui, knoffel & suiker in 'n bietjie olyfolie tot ligbruin.
  3. Voeg broccoli & tamatie by & kook tot sag. (Voeg water by indien nodig.)
  4. Voeg sout, peper, tuna & blatjang by.
  5. Kook vir nog ongeveer 5 minute.
  6. Dreineer & spoel pasta af &plaas die helfte in 'n oondbak.
  7. Gooi die helfte van die tunamengsel bo-oor. Plaas helfte van kaas bo-op.
  8. Plaas res van die pasta bo-op & herhaal vorige stap.
  9. Meng eiers & melk & gooi bo-oor pasta & tuna mengsel.
  10. Bak teen 180°C (350°F) vir ongeveer 45 minute of totdat eiers gestol het.
Terug na Resepte Indeks