Maklike Vrugte Yskastert
Nog 'n resep uit Stephan se ma se kombuis. Die oorspronklike resep vra vir ingelegde koejawels, maar aangesien dié feitelik onbekombaar is in die Verenigde Koninkryk, gebruik ons sommer die vrugte soos in die resep aangedui. Ek reken egter dat omtrent enige vrugte gebruik kan word.
|
Bestandele
- 1 Rolkoek (beide sjokolade of vanielje werk)
- 1 Blik (400g) Swart Kersies
- 1 Blik (200g) Somerbessies
- 1 Blik (200g) Swartbessies
- 60 ml Water
- 1 Blik (397g) Kondensmelk
- 250g Roomkaas
- 125ml Suurlemoensap
- 250ml Room
- 5ml Vanieljegeursel
- 2 Teelepels strooisuiker
- 3 Eetlepels Vlapoeier
|
Só maak mens
- Sny rolkoek in dun skywe & bedek die bodem van 'n 30cm tertbak daarmee.
- Dreineer die sap van een van die kleiner blikke vrugte. (Anders is die tertmengsel te loperig).
- Meng die kersies, somerbessies & swartbessies.
- Kook die vrugtemengsel saam vir 3 minute.
- Meng die vlapoeier met die water, voeg by die vrugtemengsel en kook vir 'n verdere minuut.
- Smeer die vrugtemengsel oor die rolkoeklaag en laat dit afkoel.
- Klits die roomkaas, kondensmelk en suurlemoensap saam en smeer bo-oor die vrugtelaag.
- Klits die room, vanieljegeursel en strooisuiker saam en smeer bo-oor die kondensmelklaag.
- Verkoel tot benodig.
|
| Terug na die Resepte Indeksblaai
|